Virus

Hierdie artikel is gemoeid met die virus as aansteeklike biologiese partikel; vir ander gebruike van de woord sien Virus (dubbelsinnig).
Virus
Die MI-virus
Virusklassifikasie e
(geen rang): Virus
Groepe

I: dsDNA-virus
II: ssDNA-virus
III: dsRNA-virus
IV: (+)ssRNA-virus
V: (-)ssRNA-virus
VI: ssRNA-RT-virus
VII: dsDNA-RT-virus

'n Virus is 'n mikroskopiese parasiet wat selle in biologiese organismes besmet. Virusse is vaste intrasellulêre parasiete; Hulle kan slegs voortplant deur ander selle in te neem en te beheer aangesien hulle op sigself nie die vermoë besit om onafhanklik voort te plant nie. Die term virus verwys gewoonlik na daardie partikels wat eukariote (veelsellige organismes en baie enkelselorganismes) besmet, terwyl die term bakteriofaag verwys na daardie wat prokariote (bakterieë en bakterie-agtige organismes) besmet.

Die partikels dra tipies 'n klein hoeveelheid nukleîensuur (hetsy DNS of RNS of beide) wat omring word deur 'n beskermende laag wat uit proteïene, lipiede, glikoproteïene of 'n kombinasie daarvan bestaan. 'n Belangrike feit is dat die virus se genetiese kode nie alleen vir die proteïene (wat benodig word om sy genetiese materiaal te verpak) voorsiening maak nie, maar ook vir die proteïene wat die virus gedurende sy lewensiklus benodig (die term lewensiklus word hier losweg gebruik aangesien dit onseker is of virusse wel as lewende organismes beskou kan word).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search